'NUUSFLITS'
ONS VISIE
Die visie van “Uitbars” is om ‘n Profetiese verklaring in die Gees te maak en om die dors na God se teenwoordigheid aan te wakker.

Dit word aangebied deur middel van ‘n Aanbidding geleentheid en is ‘n Profetiese verklaring in die dat ons moet “Uitbars” uit dit wat ons vashou. Wat ons keer om God met ons hele verstand, ons hele hart en ons hele siel te kan lief hê en aanbid.(Matt. 22:37) Dit is Profeties oor ons Volk en Nasie, wat moet terug keer om God te aanbid in Gees en in Waarheid. Met die geleentheid wil ons “Uitbars” uit enige kultuur bande of tradisies wat ons vashou en God aanbid in vryheid en deur leiding van die Heilige Gees. God noem ons die Bruid. Ons wil kom as die Bruid wat honger en dors vir haar Bruidegom. Wat met vryheid in Jesus, honger en dors na Vader God se teenwoordigheid.

Uitbars is die strewe om Joh. 4:23+24, Ps. 27:4 en Open. 22:17 uit te leef.

Joh. 4:23 en 24
“Daar kom egter ‘n tyd, en dit het reeds aangebreek, wanneer die egte aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid, want die Vader verkies dat die mense Hom so aanbid. God is gees, en die wat Hom aanbid, moet Hom in ‘n hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid”)

facebook
youtube